Ons moet soos sout op die aarde wees vir Jesus Christus. Sout op sy eie is nie veel werd nie, dit is baie sleg en glad nie aangenaam om sout skoon te eet nie, maar gooi sout oor ‘n stukkie vleis, pap of ruis en dit bring soveel meer smaak uit wat nie daar sou wees sonder die sout nie. Sout verryk die smaak. Net so moet ons uitgaan in die wêreld en ons moet ander mense gaan aanraak.
Mens kan ook so daarna kyk, as mens ‘n bok geskiet het en jy wil sy huid uitdroog en vir jou huis gebruik, moet mens dit met sout bewerk. Sonder die sout gaan dit vrot, begin stink en gaan mens later niks daarmee kan doen nie, net weggooi. Sout het soveel goeie waardes, maar as dit nie gebruik word nie het dit geen goeie doel nie.
As sout ook net so bly verslaan dit. Daarom moet ons heeltyd soek na God, ons moet elke dag ons verhouding met Jesus verbeter sodat ons nie afdwaal nie maar net meer en meer sout word vir Jesus.
0 comments:
Post a Comment