Jesus is beter as Vader Krismis

Jesus is beter as Vader Krismis

Vader Krismis woon by die noordpool.
JESUS is orals.

Vader Krismis ry in ’n slee.
JESUS ry op die wind en loop op die water.

Vader Krismis kom net eenmaal per jaar
JESUS is altyd by ons om ons te help.

Vader Krismis vul die Kerskous met lekkergoed.
JESUS voorsien in elke behoefte.

Vader Krismis klim ongenooid in die skoorsteen af.
JESUS staan by die deur van jou hart en klop, en kom net in as jy Hom innooi.

Jy moet tou staan om Vader Krismis te sien.
JESUS is so naby as die uitspreek van sy Naam.

Vader Krismis laat jou op sy skoot sit.
JESUS laat jou rus in sy arms.

Vader Krismis ken nie jou naam nie. Hy vra: “Hallo boetie, wat is jou naam?”
JESUS het jou naam geken nog voor ons dit self geken het. Hy weet alles van ons af –
ons adres, ons verlede en ons toekoms. Hy weet selfs hoeveel hare ons op ons kop het.

Vader Krismis het ’n boepmaag.
JESUS het ’n hart vol liefde.

Vader Krismis kan jou net HO HO HO aanbied.
JESUS gee redding, hulp en hoop.

Vader Krismis sê: “Moenie huil nie."
JESUS sê: “Werp al julle bekommernisse op My, want Ek sorg vir julle.”

Vader Krismis se helpertjies maak speelgoed.
JESUS maak lewens heel, genees gewonde harte, maak gebroke huwelike heel en bou
woonplekke vir alle gelowiges.

Vader Krismis laat jou miskien giggel.
JESUS gee vreugde wat jou versterk.

Vader Krismis sit geskenkies onder die boom.
JESUS is ons grootste geskenk, en het aan ’n boom gesterf.

Daar is duidelik geen vergelyking nie.
Ons moet onthou oor WIE Kersfees eintlik gaan.

(Skrywer onbekend)

0 comments:

Post a Comment