Leef iemand raak!


• Groei saam
• Leer saam
• Bid saam
• Kuier saam
• Ontmoet Jesus saam
• Doen saam





Elke dag kom daar mense op ons pad, elke dag is daar die kans dat jy iemand kan raak lewe. Elke dag kan jy ‘n verskil in mense se lewens maak en so hulle na die Jesus lei.

• Jy moet toeganklik wees
• Jy moet oop wees en nie mense weg wys as hulle vra vir hulp nie
• Glimlag waar jy gaan, geen rede om nors deur die lewe te gaan wat die Here vir jou gegee het nie.
• Wees positief in plaas van negatief oor gebeure in jou lewe.
• Moet nie mense afbreek of oor ander skinder nie.
• Moet nie heeltyd fout soek in ander mense se lewens, voorkoms of gedrag nie.
• Goeie dade is ‘n goeie manier om mense na Jesus ons Vader te lei.
• Moet nie mense oordeel nie

LUKAS 6:37
Moenie oordeel nie, en oor julle sal nie geoordeel word nie. Moenie veroordeel nie, en julle sal nie veroordeel word nie. Spreek vry, en julle sal vrygespreek word.

MATTEUS 7:1-2
Moenie oordeel nie, sodat oor julle nie geoordeel word nie;
met dieselfde oordeel waarmee julle oor ander oordeel, sal oor julle geoordeel word, en met dieselfde maat waarmee julle vir ander meet, sal vir julle gemeet word.

EFESIËRS 2:10
Nee, God het ons gemaak wat ons nou is: in Christus Jesus het Hy ons geskep om ons lewe te wy aan die goeie dade waarvoor Hy ons bestem het.

JAKOBUS 2:14
Wat help dit, my broers, as iemand beweer dat hy glo, maar sy dade bevestig dit nie? Kan so 'n geloof 'n mens red?

JAKOBUS 2:17
So gaan dit ook met die geloof: as dit nie tot dade oorgaan nie, is dit sonder meer dood.


MATTEUS 5:13-15
13 "Julle is die sout vir die aarde. Maar as sout verslaan het, hoe kry 'n mens dit weer sout? Dit is niks meer werd nie. Dit word buitekant weggegooi, en die mense vertrap dit. 14 "Julle is die lig vir die wêreld. 'n Stad wat op 'n berg lê, kan nie weggesteek word nie; 15 ook steek 'n mens nie 'n lamp op en sit dit onder 'n emmer nie maar op 'n lampstaander, en dit gee lig vir almal in die huis.

Ons moet ander mense se lewens raak deur hoe ons lewe, ons dade. Dit is ons doel soos ons kan lees in EFESIËRS 2:10

0 comments:

Post a Comment