EFESIËRS 5:1-6,9

EFESIËRS 5:1-6,9

1 Omdat julle kinders van God is en Hy julle liefhet, moet julle sy voorbeeld volg. 2 Lewe in liefde, soos Christus ons ook liefgehad en om ons ontwil sy lewe as 'n offergawe gegee het, ja, 'n offer wat vir God aanneemlik was. 3 Soos dit gelowiges betaam, moet daar van ontug, onsedelikheid in enige vorm, of gierigheid onder julle selfs geen sprake wees nie. 4 Growwe, ligsinnige of vuil praatjies pas nie by julle nie; nee, dank aan God pas by julle. 5 Dít moet julle goed besef: iemand wat ontug pleeg, onsedelik lewe of 'n gierigaard is – want gierigheid is afgodery - het nie deel aan die koninkryk van Christus en van God nie. 6 Moenie dat iemand julle met allerlei onwaarhede mislei nie, want daardeur kom die straf van God oor die mense wat aan Hom ongehoorsaam is.

9 Uit die lig kom alles voort wat goed en reg en waar is.

0 comments:

Post a Comment